Verbondsteologie poog om die Bybel se filosofie van die geskiedenis te verduidelik aan die hand van sekere verbondsbeloftes wat God met die mens gemaak het. Voorstaanders van Verbondsteologie verskil oor die hoeveelheid verbonde wat daar moet wees. Sommige beweer dat daar slegs twee verbonde is (die Verbond van Werke en die Verbond van Genade. Ander weer beweer dat daar 'n drieledige indeling van verbonde is (die Verbond van Verlossing, die Verbond van Werke en die Verbond van Genade). Diegene wat net twee verbonde voorstaan kombineer gewoonlik die Verbond van Verlossing en die Verbond van Genade. Shedd verklar as volg: "Though this distinction (between the covenant of redemption and the covenant of grace) is favored by Scripture statements, it does not follow that there are two seperate and independent covenants... The covenant of grace and the redemption are modes or phases of the one evangelical covenant of mercy. [Willima G.T. Shedd, Dogmatic Theology, II, Grand Rapids: Zondervan Publishing House, p. 360]
Berhof stel dit weer dat die meeste voorstaanders van Verbondsteologie 'n drieledige indeling verkies. Hierdie studie sal van die drieledige stelsel gebruik.
My notas: Die tipes verbonde wat Verbondsteologie aanbied kom nie letterlike so uit die Bybel nie, maar is eerder 'n poging om die verbonde saam te voeg om 'n oorhoofse tema of stelsel te voorsien. As ons na die Bybel gaan kyk is daar letterlike verwyings na die verbonde wat God met sekere mense of mensegroepe gemaak het. Die volgende lys van verbonde het ek uit die Scofield Reference Bible (Oxford University Press, 1945, bl.9) se studienotas geneem: Die Adamsverbond,
ook bekend as die Moederbelofte (Gen. 3:14-15), die Edense Verbond (Gen. 1:28),
die Noagsverbond (Gen. 9:1), die Abrhamietiese verbond (Gen. 15:18), Mosaiese
Verbond (Eks. 19:25), die Palestynse of Sinaitiese Verbond (Deut. 30:3), die Dawidiese
Verbond (2 Sam. 7:16) en die Nuwe Verbond (Heb. 8:8). Ons het dus nie nodig om ons eie stelsel te ontwikkel nie, want die Woord van God is volledig genoeg.
No comments:
Post a Comment