[Hierdie blogplasing is die voortsetting van 'n vertaling van Renald Showers se boek, There Really Is A Difference. The Friends of Israel Gospel Ministry, Inc. 1990. Die skrywer stel ondersoek in na al die dinge wat die Afrikaanssprekende gelowige se hoopbeshouing beïnvloed]
Verbondsteologie is
eers in die 16de en 17de eeu as 'n stelsel van teologie ontwikkel. Dit het nie
in die vroeë Kerk bestaan nie. Louis Berkhof, 'n prominente Verbondsteoloog, skryf
hieroor soos volg: "In the early Church Fathers the covenant idea is not
found at all.”[1] Hierdie stelsel van teologie is ook nie in die
Middeleeue ontwikkel nie en selfs ook
nie deur die prominente Hervormers soos Luther, Calvyn, Zwingli, of Melanchthon
nie. Volgens Berkhof kan Kaspar Olevianus (1536-1587) as die ware stigter van 'n goed-ontwikkelde
verbondsteologie beskou word waarin die konsep van die verbond vir die eerste
keer nie net ‘n saambindende faktor was nie, maar oor die bepalende faktor wat
die hele stelsel beheers het. Hierdie stelsel
van teologie het eers in die Gereformeerde Kerke van Switserland en Duitsland begin
en is ook na Nederland, Skotland en Engeland toe oorgedra.
In 1647 het die
Westminster Geloofbelydenis in Engeland die eerste belydenis van geloof geword om
te verwys na Verbond Teologie. In die Nederland, het Johannes Cocceius 'n
beduidende rol gespeel om Verbondsteologie in sy publikasies van 1648 ‘n
algemeen aanvaarbare status te gee. In Cocceius se publikasies, het hy die hele
gang en ontwikkeling van heilige geskiedenis geskoei onder hierdie gedagte (die
verbond-konsep). Herman Witsius (1636-1708),
‘n skrywer wat later gekom het, het die verbond-konsep gekoppel aan die ewige
verordeninge (decrees) van God. Dit het aanleiding gegee tot die idee dat God in
ewigheid, voor die grondlegging van die wêreld, bepaal of verordineer het dat
die hele verloop van die geskiedenis op die basis van een of twee verbonde deur
Hom beheers sal word.
Verbondsteologie is hoofsaaklik
deur die Puriteine (Puritans) in Amerika ingestel. Die grootste voorbeelde van
prominente Verbondsteoloë van die 19de en 20ste eeu is Charles Hodge van
Amerika, Herman Bavinck en Abraham Kuyper van Holland.
[1] Louis Berkhof,
Systematic Theology (second revised and enlarged edition); Grand Rapids: W/m.
B. Eerdmans Publishing Company, 1941, p. 211.
No comments:
Post a Comment