Volgens Berkhof is die Verbond van Verlossing opgestel tussen God die Vader en God die Seun. In hierdie verbond het die Vader aan die Seun die reg gegee om Hoof en Verlosser te wees van die uitverkorenes. Daarvoor sou die Seun vrywilliglik instem om die plek in te neem van diegene wat deur die Vader aan Hom gegee is. Die Verbond van Verlossing is ingestel in die ewige verled. God het hiervolgens geweet dat die mens die sondeval sou meebring, en dus het Hy as God voorsiening gemaak vir verlossing wat met die verloop van geskiedenis die uitverkorenes sou red.
Verbondsteologie het sekere vereistes gestel aan die Seun: "The Father required of the Son... that He should make amends for the sin of Adam and of those whom the Ftaher had given Hom, and should do what Adam failed to do by keeping the law and thus securing eternal life for all His spiritual progeny." [Louis Berkhof, Systematic Theology (second revised and enlarged edition; Grand Rapid: Wm. B. Eerdmans Publishing Company, 1941, p.269]
Hierby ingesluit was die besluit dat Jesus mens sou word, maar sonder sonde sou wees en onder die wet van Moses sou leef. In ruil vir dit wat die Seun sou doen om verlossing te voorsien, het die Vader die volgende dinge aan die Seun beloof: opstanding (Ps. 16:8-11; Had. 2:25-28), 'n groot nageslag (Ps. 22:27; 72:17), alle krag in hemel of aarde (Matt. 28:18; Ef. 1:20-22; Heb. 2:5-9) en verheerliking (Joh. 17:5; Fil. 2:9-11).
Volgens Berkhof is daar 'n drievoudige verband tussen die Verbonf van Verlossing en die Verbond van Genade. Eerstens is die Verbond van Verlossinf die ewige model waarvolgens die historiese Verbond van Verlossing gevorm is. Tweedens is Verbond van Verlossing die basis waarop die Verbond van Genade kan bestaan. Derdens voorsien die Verbond van Verlossing die middel waardeur die Verbond van Genade gevestig en uitgevoer kan word.
No comments:
Post a Comment