Wednesday, 15 November 2017

Die Verbond van Werke

[Hierdie blogplasing is die voortsetting van 'n vertaling van Renald Showers se boek, There Really Is A Difference. The Friends of Israel Gospel Ministry, Inc. 1990. Die skrywer stel ondersoek in na al die dinge wat die Afrikaanssprekende gelowige se hoopbeshouing beïnvloed]

Volgens die Verbondsteologie, is die Verbond van Werke opgestel tussen die drie-enige God en Adam. Met hierdie verbond het God vir Adam aangestel as die verteenwoordigende hoof van die mensdom sodat Adam namens sy nageslag besluite kon neem. Die Verbond van Werke is opgestel  in die tydperk tussen die mens se skepping en sondeval. In teenstelling met die Verbond van Verlossing, is dit dus opgestel in die verloop van wereldgeskiedenis. In die tydperk van die Verbond van Werke, het God volslae gehoorsaamheid van Adam vereis. Adam is tydelik op die proef gestel om te bepaal of hy vrywilliglik sy wil onderdanig sou maak aan die wil van God. God het die ewige lewe (nie vleeslike lewe) aan Adam beloof in ruil vir volslae gehoorsaamheid. Berkhof gee toe dat hierdie lering nie letterlik so in die Bybel weergegee word nie. As Adam, wat die vereteenwoordigende hoof van die mensdom is, sou kies om aan God ongehoorsaam te wees, dan sou hy en sy nageslag met die dood gestraf word. Hierdie straf het die fisiese, geestelike en ewige dood ingesluit.

No comments:

Post a Comment