Saturday, 9 August 2014

'n Filosofie of Beskouing van Geskiedenis

[Hierdie blogplasing gaan voort met 'n vertaling van Renald Showers se boek, There Really Is A Difference. The Friends of Israel Gospel Ministry, Inc. 1990]

Die mens het van die begin van sy geskiedenis af al talle pogings aangewend om op 'n sistematiese en  georganiseerde wyse erns te maak met die betekenis van sy bestaan. Die resultaat of uitslag van hierdie pogings staan as die filosofie (beskouing) van menslike geskiedenis bekend. Wat is 'n filosofie van menslike geskiedenis? Karl Lowith definieer dit as “a systematic interpretation of universal history in accordance with a principle by which historical events and successions are unified and directed toward ultimate meaning” (Lowith, K. Meaning in History. 1949. Chicago: The University of Chicago Press, 1949, bl.1).

Volgens hierdie definisie, het die filosofie van die geskiedenis sekere kenmerke. Eerstens, dit bied 'n sistematiese interpretasie van geskiedenis. Met ander woorde, dit verduidelik waarom die historiese gebeure in 'n sekere georganiseerde manier plaasgevind het. Tweedens, dit dek die hele omvang van die geskiedenis van begin tot einde en verduidelik waarom dinge gebeur het in die verlede, die rede waarom die wêreld huidiglik is waar dit is, asook die wat en waarom van die toekoms. Derdens, dit bied 'n filosofie van die geskiedenis aan wat 'n verenigende beginsel behels wat gebeure saambind en sin maak van die onderskeidings en opeenvolging. Vierdens, dit dui uiteindelik op die betekenis van die geskiedenis. Hieruit blyk dit dat die verloop van die geskiedenis 'n uiteindelike doel of doelwitte gehad het en dat die gebeure nie bloot onsamehangend is of niks met mekaar uit te waai het nie, en dat toekomstige gebeure in dieselfde trant beweeg na die groot klimaks, as wat die vorige gebeure ook beweeg het.
Die Bybel handel oor die kwessie van die betekenis van alle dinge. Dit bied 'n sistematiese interpretasie van die geskiedenis. Dit dek die hele omvang van die geskiedenis van die begin tot die einde, insluitende die wat en waarom van die toekoms. Dit bied 'n verenigde beginsel wat saambind en sin maak van die hele spektrum van gebeure, verskille en opeenvolging. Die Bybel toon dat die geskiedenis 'n uiteindelike doel of doelwitte het. Omdat die Bybel hierdie dinge doen, kan ons sê dat die Bybel 'n filosofie van die geskiedenis aanbied. Hoe dit ook al sy, aangesien die Bybel God se geskrewe openbaring aan die mens is, is dit God se filosofie van die geskiedenis. Dit beteken dat dit die finale, gesaghebbende filosofie van die geskiedenis bevat.

No comments:

Post a Comment