Hierdie blog ondersoek en evalueer die verskillende denkrigtings wat Afrikaanssprekende gelowiges se konsep van hoop gevorm en ingelig het. In die eerste paar weergawes gaan ons kyk na Renald Showers se boek, There Really Is A Difference. Hierdie boek bied 'n verduideliking van die twee denkrigtings wat die hoofverskille wat tans gebruik word om die mensdom se gesiedenis te verklaar.
Sedert die mens teen God in opstand gekom het, het hy homself verdoem tot 'n rustelose en oneindige soeke na die betekenis van sy lewe en geskiedenis. Regdeur die meeste van sy bestaan op planeet aarde, is die mens geteister deur drie groot lewensvrae: Waar kom hy vandaan? Waarom is hy hier op aarde? Waarheen is hy op pad? Hierdie vraagstukke, rakende die betekenis van die menslike bestaan, is die dryfkrag agter wetenskaplike navorsing en die motivering vir die filosofie en wysbegeerte om stelsels te ontwikkel vir die ontwikkeling van denkrigtings wat die geskiedenis kan verklaar. Dit het gelei tot die vraag wat Pilatus aan Jesus gevra het en wat talle ander ook vra, "Wat is waarheid?" (Joh. 18:38). Hierdie vraagstuk oor die betekenis van die lewe is onderliggend tot dit wat deur baie beskou word as die krisis van die middeljare. Dit het Hollywood selfs gemotiveer om satiriese rolprente in hierdie verband te produseer.

No comments:
Post a Comment