[Hierdie blogplasing gaan voort met 'n vertaling van Renald Showers se boek, There Really Is A Difference. The Friends of Israel Gospel Ministry, Inc. 1990]
In die laaste afgelope
drie tot vier honderd jaar, het Bybel gefundeerde teoloë twee afsonderlike
benaderings tot die uitleg van die Bybel se filosofie van die geskiedenis ontwikkel.
Elkeen van hierdie benaderings het die totstandkoming van 'n stelsel van
teologie veroorsaak. Dié twee stelsels staan bekend as Verbondsteologie en
Dispensasieteologie.
Beide hierdie stelsels poog om 'n omvattende verklaring van die verloop en betekenis van geskiedenis te bied. Dit word algemeen aanvaar deur kenners, dat die Afrikaner geloofsgemeenskap se godsdienstige en kulturele tradisie oor die algemeen deur Verbondsteologie ingelig en gevorm is. Hierdie teologie, wat die Bybel gebruik om 'n filosofie of beskouing van geskiedenis te bied, word vervolgens bespreek.
No comments:
Post a Comment