[Hierdie blogplasing gaan voort met 'n vertaling van Renald Showers se boek, There Really Is A Difference. The Friends of Israel Gospel Ministry, Inc. 1990]
Die vierde
noodsaaklike element is dat dit 'n
verenigende beginsel moet bied wat die onderskeidelike dele en progressiewe
stadiums van openbaring saambind en rig na die vervulling van die doel van die
geskiedenis. 'n Geldige verklaring van die Bybelse filosofie van die
geskiedenis, moet in staat wees om op 'n sinvolle manier die verskillende dele
en progressiewe fases van openbaring saam te bind in een verenigde geheel. Dit
moet ook demonstreer hoe elke deel bydra tot die bereiking van die uiteindelike
doel van die geskiedenis.
Vyfdens, moet dit 'n geldige verduideliking bied vir
die redes waarom dinge plaasgevind het en die manier waarop dit het, hoekom
dinge is soos hulle vandag is, en waarom dinge in die toekoms gaan gebeur. 'n Uiteensetting van die Bybelse filosofie van
die geskiedenis moet in staat wees om te verduidelik hoe, wanneer, en waarom
dinge soos moord, valse godsdienste, doodstraf, menslike regering, verskillende
tale, verskillende nasies, anti-Semitisme, die Kerk, die Rooms Katolieke kerk,
Islam, die Renaissance en die Hervorming plaasgevind het. Hoekom het die
slagting van die Tweede Wêreldoorlog gebeur? Hoekom bestaan daar 'n moderne
staat van Israel ? Hoekom vind die huidige Midde-Oosterse krisis plaas? Sesdens,
moet dit geskikte antwoorde bied aan die
mens se drie basiese vrae: Waar kom hy vandaan? Waarom is hy hier op aarde?
Waarheen is hy op pad?
No comments:
Post a Comment