In die lig van hierdie
progressies in openbaring, met die doel om 'n geldige uiteensetting van die
Bybelse filosofie van die geskiedenis te bied, is dit nie wys wees om die
inhoud van latere openbaring terug te lees in die vroeër openbaring nie. Die
vroeëre openbaring kan nie geskoei word om alles te sê wat die latere openbaring
gesê het nie. Ons moet eerder ‘n onderskeid tref en die verskille eerbiedig en
verklaar.
Saturday, 9 August 2014
Die Bybel bied 'n progressiewe openbaring van God
'n Derde sleutelelement
van 'n geldige verklaring van ‘n Bybelse filosofie van die geskiedenis, is dat dit die konstrukte van die progressie van openbaring behoorlike moet beheers.
Bybelse kronologie dui aan dat God in verskillende fases en op verskillende
punte in die geskiedenis die waarheid geopenbaar het. God het nie al Sy
geopenbaarde waarheid op een slag aan die beginpunt van die geskiedenis aan die
mens gegee nie. God het byvoorbeeld nie die feit dat daar ‘n Verlosser sou kom
geopenbaar eers tot na die sondeval van die mens nie (Gen. 3:15). Hy het ook nie
die praktyk van die doodstraf geopenbaar tot na die sondvloed nie (Gen. 9:5-6).
Met Jesus se eerste koms, het Hy nie alles wat Hy wou hê dat Sy dissipels moes
weet aan hulle geopenbaar nie (Joh. 16:12). Hy het hulle geleer dat die Gees
van God na Christus se hemelvaart bykomende waarheid aan hulle sal openbaar
(Joh. 14:26; 16:13). Paulus het ook gepraat van die “wysheid van God, wat
bestaan in verborgenheid wat bedek was” (1
Kor. 2:6-10) en “wat in ander tye aan
die mensekinders nie bekend gemaak is, soos dit nou aan sy heilige apostels en
profete geopenbaar is deur die Gees”, nie (Ef. 3:2-6). Waarheid wat eers
verberg was, maar in die Nuwe Testament tydperk aan Paulus en ons bekend gemaak
is.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment