[Hierdie blogplasing gaan voort met 'n vertaling van Renald Showers se boek, There Really Is A Difference. The Friends of Israel Gospel Ministry, Inc. 1990]
Nadat die dissipels
vir ‘n geruime tyd die “eerste” evangelie (Mattheus) verkondig het, het hulle
teruggegaan na Christus om verslag te doen oor hulle ervarings. Mattheus sê: “Van
toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en
veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood
en op die derde dag opgewek word. (Matt. 16:21) Die gebruik van die woorde “van
toe af” wys ons daarop dat Jesus hulle tot op daardie stadium nog nie ingelig
het van Sy dood, begrafnis en opstanding nie, dit ten spyte van die feit dat
hulle alreeds die evangelie verkondig het. Die inhoud van daardie eerste weergawe
van die evangelie wat hulle verkondig het, het dus niks ingehad oor Jesus se
dood, begrafnis en opstanding nie. Petrus se negatiewe reaksie op hierdie nuwe
wending in Jesus se leer beklemtoon die onderskeid tussen die twee verskillende
weergawes van die evangelies baie duidelik. “Toe neem Petrus Hom opsy en begin
Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!. As
Peter reeds verkondig Jesus se dood” (Matt. 16:22) As Petrus reeds die
evangelie van Jesus se dood, begrafnis en opstanding gepreek het, sou hy nie so
negatief gereageer het toe Christus skielik begin verwys het na komende gebeure
nie.
Daarbenewens, het Christus ook twee afsonderlike opdragte
aan Sy dissipels gegee. Met die eerste weergawe van die evangelie, het Hy
hulle opdrag gegee om die "verlore skape van die huis van Israel" te
gaan en nie na die heidene en Samaritane nie (Matt. 10:5-6). Later, in
samewerking met die tweede weergawe van die evangelie, het Jesus opdrag gegee om
dit aan alle mense te verkondig (Mark. 16:15) en dissipels van al die nasies te
maak (Matt. 28:18-20). Jesus het ook onderskeid getref in Sy
opdragte ter voorbereidings van hulle bediening onder Jode. In Sy opdrag rakende
die verkondiging van die eerste weergawe van die evangelie net aan Israel, het
Hy die dissipels beveel om nie enige geld, sak, ekstra klere en skoene, of 'n staf
saam te neem nie (Matt. 10:9-10). Toe dit egter duidelik geword het dat Israel
se leiers Jesus en hierdie “eerste” evangelie verwerp, en dat dit lyk asof die inhoud van die tweede
weergawe van die evangelie 'n werklikheid gaan word, het Jesus die dissipels beveel
om 'n beursie, 'n sak, en selfs 'n swaard saam te neem (Lukas 22:35-36). Die
Bybel bied ook verskillende maniere van
God se handelinge met mense wat hulle skuldig maak aan egbreuk. Terwyl die
wet van Moses geldig was, het God die Jode beveel dat sulke mense gedood moes
word (Lev. 20:10). Sedert die dood en
opstanding van Christus, het God ‘n ander bevel in hierdie verband gegee (1 Kor.
6:9-11). God het ook 'n verskillende maniere gegee om moordenaars te
hanteer. Voor die sondvloed van Noag plaasgevind het, het God nie die doodstraf
vir moordenaars ingestel nie (Gen. 4:1-15), maar na die vloed, het Hy dit wel
ingestel (Gen. 9:5-6;. Rom. 13:1-7). Regdeur die geskiedenis, het God ook kenmerkend verskillende dieetkundige
vereistes daargestel. Voor die sondvloed, het God slegs 'n vegetariese
dieet ingestel (Gen. 1:29). Na die vloed, het Hy die mens egter toegelaat om van
alle vorme van dierelewe se vleis te eet (Gen. 9:03). Terwyl die wet van Moses
in werking was, het God weer die Jode verbied om die vlees van sekere soorte
diere te eet (Lev. 11). Hierdie en talle
ander Bybelse onderskeidings wat getref word, kan nie bloot geïgnoreer,
afgewater, of anders verduidelik word in ‘n poging om 'n geldige uiteensetting
of uitleg van die Bybelse filosofie van die geskiedenis te ontwikkel nie.
No comments:
Post a Comment