Wednesday 15 November 2017

Die Verbond van Werke

[Hierdie blogplasing is die voortsetting van 'n vertaling van Renald Showers se boek, There Really Is A Difference. The Friends of Israel Gospel Ministry, Inc. 1990. Die skrywer stel ondersoek in na al die dinge wat die Afrikaanssprekende gelowige se hoopbeshouing beïnvloed]

Volgens die Verbondsteologie, is die Verbond van Werke opgestel tussen die drie-enige God en Adam. Met hierdie verbond het God vir Adam aangestel as die verteenwoordigende hoof van die mensdom sodat Adam namens sy nageslag besluite kon neem. Die Verbond van Werke is opgestel  in die tydperk tussen die mens se skepping en sondeval. In teenstelling met die Verbond van Verlossing, is dit dus opgestel in die verloop van wereldgeskiedenis. In die tydperk van die Verbond van Werke, het God volslae gehoorsaamheid van Adam vereis. Adam is tydelik op die proef gestel om te bepaal of hy vrywilliglik sy wil onderdanig sou maak aan die wil van God. God het die ewige lewe (nie vleeslike lewe) aan Adam beloof in ruil vir volslae gehoorsaamheid. Berkhof gee toe dat hierdie lering nie letterlik so in die Bybel weergegee word nie. As Adam, wat die vereteenwoordigende hoof van die mensdom is, sou kies om aan God ongehoorsaam te wees, dan sou hy en sy nageslag met die dood gestraf word. Hierdie straf het die fisiese, geestelike en ewige dood ingesluit.

Thursday 9 November 2017

Die Verbond van Verlossing (Volgens Verbondsteologie)

[Hierdie blogplasing is die voortsetting van 'n vertaling van Renald Showers se boek, There Really Is A Difference. The Friends of Israel Gospel Ministry, Inc. 1990. Die skrywer stel ondersoek in na al die dinge wat die Afrikaanssprekende gelowige se hoopbeshouing beïnvloed]

Volgens Berkhof is die Verbond van Verlossing opgestel tussen God die Vader en God die Seun. In hierdie verbond het die Vader aan die Seun die reg gegee om Hoof en Verlosser te wees van die  uitverkorenes. Daarvoor sou die Seun vrywilliglik instem om die plek in te neem van diegene wat deur die Vader aan Hom gegee is. Die Verbond van Verlossing is ingestel in die ewige verled. God het hiervolgens geweet dat die mens die sondeval sou meebring, en dus het Hy as God voorsiening gemaak vir verlossing wat met die verloop van geskiedenis die uitverkorenes sou red. 

Verbondsteologie het sekere vereistes gestel aan die Seun: "The Father required of the Son... that He should make amends for the sin of Adam and of those whom the Ftaher had given Hom, and should do what Adam failed to do by keeping the law and thus securing eternal life for all His spiritual progeny." [Louis Berkhof, Systematic Theology (second revised and enlarged edition; Grand Rapid: Wm. B. Eerdmans Publishing Company, 1941, p.269]

Hierby ingesluit was die besluit dat Jesus mens sou word, maar sonder sonde sou wees en onder die wet van Moses sou leef. In ruil vir dit wat die Seun sou doen om verlossing te voorsien, het die Vader die volgende dinge aan die Seun beloof: opstanding (Ps. 16:8-11; Had. 2:25-28), 'n groot nageslag (Ps. 22:27; 72:17), alle krag in hemel of aarde (Matt. 28:18; Ef. 1:20-22; Heb. 2:5-9) en verheerliking (Joh. 17:5; Fil. 2:9-11). 

Volgens Berkhof is daar 'n drievoudige verband tussen die Verbonf van Verlossing en die Verbond van Genade. Eerstens is die Verbond van Verlossinf die ewige model waarvolgens die historiese Verbond van Verlossing gevorm is. Tweedens is Verbond van Verlossing die basis waarop die Verbond van Genade kan bestaan. Derdens voorsien die Verbond van Verlossing die middel waardeur die Verbond van Genade gevestig en uitgevoer kan word.  





'n Beskrywing van Verbondsteologie

[Hierdie blogplasing is die voortsetting van 'n vertaling van Renald Showers se boek, There Really Is A Difference. The Friends of Israel Gospel Ministry, Inc. 1990. Die skrywer stel ondersoek in na al die dinge wat die Afrikaanssprekende gelowige se hoopbeshouing beïnvloed]

Verbondsteologie poog om die Bybel se filosofie van die geskiedenis te verduidelik aan die hand van sekere verbondsbeloftes wat God met die mens gemaak het. Voorstaanders van Verbondsteologie verskil oor die hoeveelheid verbonde wat daar moet wees. Sommige beweer dat daar slegs twee verbonde is (die Verbond van Werke en die Verbond van Genade. Ander weer beweer dat daar 'n drieledige indeling van verbonde is (die Verbond van Verlossing, die Verbond van Werke en die Verbond van Genade). Diegene wat net twee verbonde voorstaan kombineer gewoonlik die Verbond van Verlossing en die Verbond van Genade. Shedd verklar as volg: "Though this distinction (between the covenant of redemption and the covenant of grace) is favored by Scripture statements, it does not follow that there are two seperate and independent covenants... The covenant of grace and the redemption are modes or phases of the one evangelical covenant of mercy. [Willima G.T. Shedd, Dogmatic Theology, II, Grand Rapids: Zondervan Publishing House, p. 360]

Berhof stel dit weer dat die meeste voorstaanders van Verbondsteologie 'n drieledige indeling verkies. Hierdie studie sal van die drieledige stelsel gebruik. 

My notas: Die tipes verbonde wat Verbondsteologie aanbied kom nie letterlike so uit die Bybel nie, maar is eerder 'n poging om die verbonde saam te voeg om 'n oorhoofse tema of stelsel te voorsien. As ons na die Bybel gaan kyk is daar letterlike verwyings na die verbonde wat God met sekere mense of mensegroepe gemaak het. Die volgende lys van verbonde het ek uit die Scofield Reference Bible (Oxford University Press, 1945, bl.9) se studienotas geneem: Die Adamsverbond, ook bekend as die Moederbelofte (Gen. 3:14-15), die Edense Verbond (Gen. 1:28), die Noagsverbond (Gen. 9:1), die Abrhamietiese verbond (Gen. 15:18), Mosaiese Verbond (Eks. 19:25), die Palestynse of Sinaitiese Verbond (Deut. 30:3), die Dawidiese Verbond (2 Sam. 7:16) en die Nuwe Verbond (Heb. 8:8). Ons het dus nie nodig om ons eie stelsel te ontwikkel nie, want die Woord van God is volledig genoeg.     

Wednesday 24 February 2016

Die geskiedenis van Verbondsteologie

[Hierdie blogplasing is die voortsetting van 'n vertaling van Renald Showers se boek, There Really Is A Difference. The Friends of Israel Gospel Ministry, Inc. 1990. Die skrywer stel ondersoek in na al die dinge wat die Afrikaanssprekende gelowige se hoopbeshouing beïnvloed]

Verbondsteologie is eers in die 16de en 17de eeu as 'n stelsel van teologie ontwikkel. Dit het nie in die vroeë Kerk bestaan ​​nie. Louis Berkhof, 'n prominente Verbondsteoloog, skryf hieroor soos volg: "In the early Church Fathers the covenant idea is not found at all.”[1]  Hierdie stelsel van teologie is ook nie in die  Middeleeue ontwikkel nie en selfs ook nie deur die prominente Hervormers soos Luther, Calvyn, Zwingli, of Melanchthon nie. Volgens Berkhof kan Kaspar Olevianus (1536-1587)  as die ware stigter van 'n goed-ontwikkelde verbondsteologie beskou word waarin die konsep van die verbond vir die eerste keer nie net ‘n saambindende faktor was nie, maar oor die bepalende faktor wat die hele stelsel beheers het.  Hierdie stelsel van teologie het eers in die Gereformeerde Kerke van Switserland en Duitsland begin en is ook na Nederland, Skotland en Engeland toe oorgedra.

In 1647 het die Westminster Geloofbelydenis in Engeland die eerste belydenis van geloof geword om te verwys na Verbond Teologie. In die Nederland, het Johannes Cocceius 'n beduidende rol gespeel om Verbondsteologie in sy publikasies van 1648 ‘n algemeen aanvaarbare status te gee. In Cocceius se publikasies, het hy die hele gang en ontwikkeling van heilige geskiedenis geskoei onder hierdie gedagte (die verbond-konsep).  Herman Witsius (1636-1708), ‘n skrywer wat later gekom het, het die verbond-konsep gekoppel aan die ewige verordeninge (decrees) van God. Dit het aanleiding gegee tot die idee dat God in ewigheid, voor die grondlegging van die wêreld, bepaal of verordineer het dat die hele verloop van die geskiedenis op die basis van een of twee verbonde deur Hom beheers sal word.

Verbondsteologie is hoofsaaklik deur die Puriteine (Puritans) in Amerika ingestel. Die grootste voorbeelde van prominente Verbondsteoloë van die 19de en 20ste eeu is Charles Hodge van Amerika, Herman Bavinck en Abraham Kuyper van Holland.





[1] Louis Berkhof, Systematic Theology (second revised and enlarged edition); Grand Rapids: W/m. B. Eerdmans Publishing Company, 1941, p. 211.

‘n Eenvoudige Definisie van Verbondsteologie

[Hierdie blogplasing is die voortetting van 'n vertaling van Renald Showers se boek, There Really Is A Difference. The Friends of Israel Gospel Ministry, Inc. 1990]

'n Eenvoudige definisie van Verbondsteologie is dat dit ‘n stelsel van teologie is wat poog om die Bybelse filosofie (beskouing) van geskiedenis aan die hand van twee tot drie verbonde te verduidelik (die verbond van werke voor die sondvloed en die verbond van Genade daarna). Verbondsteologie is die sistematiese verklaring van die hele Skrif en geskiedenis deur gebruik te maak van twee of drie verbonde. 

Saturday 9 August 2014

Verbondsteologie vs Dispensasieteologie

[Hierdie blogplasing gaan voort met 'n vertaling van Renald Showers se boek, There Really Is A Difference. The Friends of Israel Gospel Ministry, Inc. 1990]

In die laaste afgelope drie tot vier honderd jaar, het Bybel gefundeerde teoloë twee afsonderlike benaderings tot die uitleg van die Bybel se filosofie van die geskiedenis ontwikkel. Elkeen van hierdie benaderings het die totstandkoming van 'n stelsel van teologie veroorsaak. Dié twee stelsels staan bekend as Verbondsteologie en Dispensasieteologie.

Beide hierdie stelsels poog om 'n omvattende verklaring van die verloop en betekenis van geskiedenis te bied. Dit word algemeen aanvaar deur kenners, dat die Afrikaner geloofsgemeenskap se godsdienstige en kulturele tradisie oor die algemeen deur Verbondsteologie ingelig en gevorm is. Hierdie teologie, wat die Bybel gebruik om 'n filosofie of beskouing van geskiedenis te bied, word vervolgens bespreek.    

Die Bybel bied 'n volledige en geldige verklaring van geskiedenis

[Hierdie blogplasing gaan voort met 'n vertaling van Renald Showers se boek, There Really Is A Difference. The Friends of Israel Gospel Ministry, Inc. 1990]

Die vierde noodsaaklike element is dat dit 'n verenigende beginsel moet bied wat die onderskeidelike dele en ​​progressiewe stadiums van openbaring saambind en rig na die vervulling van die doel van die geskiedenis. 'n Geldige verklaring van die Bybelse filosofie van die geskiedenis, moet in staat wees om op 'n sinvolle manier die verskillende dele en progressiewe fases van openbaring saam te bind in een verenigde geheel. Dit moet ook demonstreer hoe elke deel bydra tot die bereiking van die uiteindelike doel van die geskiedenis.


Vyfdens, moet dit 'n geldige verduideliking bied vir die redes waarom dinge plaasgevind het en die manier waarop dit het, hoekom dinge is soos hulle vandag is, en waarom dinge in die toekoms gaan gebeur.  'n Uiteensetting van die Bybelse filosofie van die geskiedenis moet in staat wees om te verduidelik hoe, wanneer, en waarom dinge soos moord, valse godsdienste, doodstraf, menslike regering, verskillende tale, verskillende nasies, anti-Semitisme, die Kerk, die Rooms Katolieke kerk, Islam, die Renaissance en die Hervorming plaasgevind het. Hoekom het die slagting van die Tweede Wêreldoorlog gebeur? Hoekom bestaan daar 'n moderne staat van Israel ​​? Hoekom vind die huidige Midde-Oosterse krisis plaas? Sesdens, moet dit geskikte antwoorde bied aan die mens se drie basiese vrae: Waar kom hy vandaan? Waarom is hy hier op aarde? Waarheen is hy op pad?